Eet is meer as kos

eet is meer as kos

Eet is meer as kos – dis ’n reis.

Eating is not merely a material pleasure. Eating well gives a spectacular joy to life and contributes immensely to goodwill and happy companionship. It is of great importance to the morale. – Elsa Schiaparelli

Ons voorouers het die kuns verstaan van lekker kos maak. Van vroeg soggens af is daar al begin met die kos – vars groente uit die tuin, rys, vleis, aartappels en natuurlik poeding ook. Die kos het ure geneem om te maak want daar is gekuier en lekker gesels in die kombuis terwyl die geure al meer prominent geraak het. Die tafel is mooi gedek en almal moes netjies aantrek. Eet was ’n geleentheid.

“The most important lesson I’ve learned in the kitchen is to have patience. Good food takes time, and it’s worth the wait.” – Gordon Ramsay

Meeste vrouens het by hulle Ma’s en Ouma’s leer kos maak en die tradisies oorgedra. Hulle het nie fênsie grade en dinge gehad nie. Tog kon hulle die lekkerste onthou disse voortsit want hulle het die kuns van kos verstaan en dit vervolmaak. Kombineer dit met die geselligheid rondom die tafel en jy het ’n fynproewer ete in jou eie huis.

Thomas Keller – “A recipe has no soul. You, as the cook, must bring soul to the recipe.”

Kookboeke en resepte gee ons nuwe idees. Televisie, Radio en Tydskrifte maak ons oë oop vir nuwe moontlikhede. Ons kan nou uit die gerief van ons eie huis die heerlikste fynproewer geregte optower en dit voorsit aan ons gaste wat sal dink hulle sit in ’n peperduur Restaurant. Dit is alles moontlik selfs al het ons ’n beperkte begroting.

“One cannot think well, love well, sleep well, if one has not dined well.” – Virginia Woolf

Lekker eet is meer as kos, dis ’n smaaksensasie – ’n kos reis. Ons kan steeds die tradisionele kos van gister maak en geniet en ook nuwe kos probeer. Daar is soveel moontlikhede en in die eetsalon gaan ons lekker kuier rondom fynproewer en tradisionele kosse.

You don’t need a silver fork to eat good food. Paul Prudhomme

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap