Franse uie sop met Jacques Pépin: Franse uiesop is legendaries en natuurlik afkomstig vanaf Frankryk – die moeder van kookkuns. Chef Jacques Pépin het bekendheid verwerf deur saam met Julia Child ’n kookprogram op Amerikaanse Televisie aan te bied. Hy is in Frankryk gebore en woon in Amerika.
Franse Uie sop Gratinée met Chef Jacques Pépin
Ek gee hierdie Uiesop 9/10. Ek was verras oor hoe lekker dit eintlik was. Ek het 1 punt afgetrek omdat die sop ’n bietjie dun was volgens my. Elke Chef maak dit anders en hierdie resep is bedoel om vinnig en maklik aanmekaar te slaan. Dit bly egter steeds ’n treffer
Jy het nodig
- 2 groot uie
- 1 klein Baguette
- 3 koppies hoender aftreksel
- 1 ½ koppie gerasperde Gruyere kaas of Cheddarkaas
- 1 teelepel Botter
- Olyfolie
So maak mens
- Sny Baguette in snye en pak op ’n bakplaat en bak in oond tot goudbruin.
- Los 3 aftreksel blokkies op in 750 mℓ kookwater
- Sny die uie in growwe stukke op en braai in olie en botter totdat die uie gekaramelliseer is en ’n donker kleur het maar nie gebrand is nie. Ongeveer 10 minute op medium hitte.
- Voeg die aftreksel by, geur na smaak en laat prut vir 5 minute
- Plaas Baguette snye (minimum 3) onder in glas oondbakkies.
- Strooi ’n bietjie gerasperde kaas op die brood
- Gooi die aftreksel mengsel oor die broodsnye
- Sprinkel orige kaas oor
- Bak vir 25-30 minute by 200C tot goudbruin en krakerig. Gratinée beteken juis dit – krakerig of crispy in Engels
Bedien dit
Aangesien die sop in die bakkies gebak word, word dit ook daarin opgedien so mooi bakkies help met die versiering. Ek het die sop netso vir aandete geëet. Dit kan egter saam met slaai geëet word. Die keuse is joune.
Lekker eet
Uie sop is heerlik as ’’n hoofmaaltyd op ’n koue wintersdag of selfs in die somer. Smaaklike ete
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof