Gesondheidsbroodjie

Hierdie gesondheidsbroodjie of sade brood soos ek dit noem is maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Dis vullend en smaaklik. Die resep het in Wenresepte 3 verskyn. Ek het hierdie broodjie op die proef gestel so hier is my bevinding

oplus_32

Jy het nodig

  • 500 mℓ volkoringmeel (2 koppies)
  • 250 mℓ koring gemaal of gerol (1 koppie)
  • 250 mℓ muesli (1 koppie)
  • 15 mℓ uitgedopte sonneblomsaad (1 eetlepel)
  • 5 mℓ sesame saad (1 teelepel)
  • 5 ml koeksoda (1 teelepel)
  • 5 mℓ sout (1 teelepel)
  • 500 mℓ ongegeurde yoghurt (2 koppies)
  • 15 mℓ heuning (1 eetlepel)
  • Ekstra sesame saad om oor die broodjie te strooi

So maak mens

  • Voorverhit die oond tot 180 C
  • Smeer ’n broodpan met botter of margarien of spuit met Spray and Cook
  • Meng die meel, koring, sonneblomsaad, sesame saad, koeksoda en sout.
  • Voeg die yoghurt en heuning by en meng dit goed.
  • Gooi die deeg in die gesmeerde broodpan en maak gelyk
  • Strooi n bietjie sesame saad bo-op die brood mengsel
  • Bak die brood vir 1 uur lank
  • Keer dit uit op ’n draadrak en laat afkoel.

Wenke

  • Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Laat die brood koud word voordat dit aangesny word – ek weet dis moeilik want dit ruik net te lekker.
  • Ek het die koring in my koffieboon masjien gemaal wat baie goed gewerk het.

Evaluering

Ek gee hierdie brood 9/10 kersies
Dit is ietwat bros en val uitmekaar as jy nie versigtig sny nie. Ten spyte daarvan is die brood heerlik. Voorwaar ’n wenresep! Geniet dit!

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap