Joodse Kaaskoek

Hierdie resep is deur Grace Schreuder ingestuur na Huisgenoot en het verskyn in Wenresepte 3.

Hierdie resep is deur Grace Schreuder ingestuur na Huisgenoot en het verskyn in Wenresepte 3. Sy het die resep by ’n Joodse vriendin gekry.

Jy het nodig

Kors:

  • 150 gram Marie beskuitjiekrummels
  • 125 gram botter of bakmargarien (gesmelt)
  • 15 mℓ witsuiker

Vulsel:

  • 2 houers (250 gram elk) room of fyn ongegeurde  maaskaas
  • 125 mℓ room
  • 3 ekstra groot eiers
  • 160 gram witsuiker
  • 5 mℓ vanielje geursel

So maak mens

  • Voorverhit die oond tot 180 C of 375 F
  • Meng die krummels smeer en suiker saam
  • Druk dit met ’n lepel die randte en op die bodem van ’n middelslag tertbord vas.
  • Meng die kaas, room, eiers, suiker en geursel saam en gooi op die kors
  • Bak vir 15 minute
  • Stel die oond af na 150 C of 300 F
  • Bak vir ’n verdere 15 tot 30 minute
  • Skakel die oond af, los die oonddeur op ’n skrefie oop
  • Laat die koek in die oond afkoel
  • Sit dit in die yskas om lekker koud te word

Wenke

  • Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Ek het die koek ’n vorige keer met smeerkaas gemaak aangesien ek nie maaskaas in die huis gehad het nie. Dit was ook lekker en goedkoper alhoewel die maas of roomkaas dit beslis ryker maak.
  • Jy kan die 3 ekstra groot eiers met 4 medium eiers vervang
  • Die Marie beskuitjies het ek in ’n plastieksakkie gesit en met ’n koekroller fyngemaak – by gebrek aan ’n voedselverwerker.
  • Jy kan dit opdien met vrugte pulp soos berrie pulp of netso kaal geniet.

Evaluering

Die kaaskoek kry ’n besliste 10/10
Dit is ryk en lekker – pasop vir te veel daarvan eet.

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap