Julia Child is in 1912 in Amerika gebore. Haar ouers was welaf en het gesorg dat sy ’n goeie opvoeding kry. Sy het ’n Graad in Geskiedenis verwerf en het daarvan gedroom om ’n skrywer te word. Na haar studies het sy ’n werk by die Staatsdiens in Amerika gekry en gewerk in hulle Buitelandse divisie. In 1945 het sy vir Paul ontmoet en hulle is in 1946 getroud. Kort na hulle troue is hulle na Parys in Frankryk verplaas waar Paul as diplomaat gewerk het. Dis waar Julia se kos storie begin vlerke kry.
Julia Child die Franse Chef van Amerika
Julia se drome het ’n ander wending geneem nadat sy verlief geraak het op die Franse kos. Sy het ingeskryf vir ’n Franse kookkuns kursus op die ouderdom van 40 waar sy geleer het om Franse kos te maak. Daar het sy kennis gemaak met ander Franse Chefs en aangesluit by ’n eksklusiewe Fynproewer dames klub. Julia en 2 van hierdie vrouens het saam ’n boek geskryf naamlik Mastering the art of French cooking. Die boek is in besonderse detail geskryf sodat daar geen onduidelikheid is nie.
Julia het ’n passie gehad vir die Franse kookkuns en het met haar terugkeer na Amerika besluit om die Amerikaners bekend te stel daaraan
In Amerika het sy haar eie TV-reeks The French Chef losgeslaan. Sy was toe reeds 50 jaar oud. Haar man was haar assistent en het ook haar kombuis ontwerp en self gebou met toonbanke wat haar 2 meter lyf gemaklik kon hanteer. Voor haar TV-reeks het die Amerikaners meestal gevriesde etes gekoop. Julia wou met haar TV-reeks mense weer aan die kook kry. Sy het ’n Emmy ontvang vir haar reeks.
Julia is in 2004 oorlede. Sy en Paul was kinderloos. Haar beroemde kombuis is aan die Smithsonian museum geskenk na haar dood.
Suid-Afrika spog ook met ons eie kos ikoon SJA de Villier – die skrywer van Kook en Geniet.
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof
“Hello there! I recently noticed that you’ve taken the time to visit my website, and I wanted to express my heartfelt gratitude for your interest. Your support means a lot to me. In return, I would like to extend my support by visiting your website as well.
Thank you