Nagemaakte Checkers Kaas Poffertjies – Hand pasteitjies is ideaal vir die kosmandjie wanneer mens op reis gaan. Hierdie vinnige Kaas poffertjies is vinnig en maklik om voor te berei. Dit smelt sommerso in die mond.
Jy het nodig
- 1 rol puff pastry
- Roomkaas of kaaswiggies in klein stukkies gesny
- Cheddarkaas gerasper – wit of geel
- Botter of bak margarien
So maak mens
Ontdooi die puff pasteideeg en sny in ongeveer 24 vierkante. Sit op elke vierkant ’n mespunt roomkaas en ’n teelepel cheddar kaas. Vou die vierkante toe en druk die kante met ’n vurk. Smeer gesmelte botter bo-op en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15 minute of tot goudbruin. Eet louwarm
Dien dit op
Vir die kosmandjie kan dit in foelie toegedraai word sodat dit louwarm is wanneer dit geëet word. Ek maak dit graag vir my kleinkinders vir ’n peusel happie na skool en bedien dit in ’n klein bordjie. Dit word sommer gou verorber.
Lekker eet
Hierdie kaas poffertjies is net nooit genoeg nie. Dis krakerig en ag so lekker. Geniet dit net so met die hand. Lekker eet.
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof