Semel brosbrood beskuitjies

Semel brosbrood beskuitjies is deur ’n Huisgenoot leser geskep vir haar dogter wat aan suikersiekte ly en het in Wenresepte 3 verskyn. Die resep is so half versteek met geen foto van die eindresultaat nie. Terwyl ek so deur die resepteboek gegaan het, het my oog op hierdie resep geval en het ek besluit om dit te maak en die resultaat? Wel, kom ons begin deur die resep aan mekaar te slaan.

oplus_0

Jy het nodig

750 mℓ koekmeel
5 mℓ sout
750 mℓ semels
230 gram botter of bak margarien
200 mℓ melk
5 ml koeksoda
1 eier geklits

So maak mens

  • Voorverhit die oond tot 200 C
  • Smeer ’n bakplaat met botter
  • Sif die meel en sout saam
  • Voeg die semels by en meng goed
  • Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat dit lyk soos growwe brood krummels
  • Meng die melk, koeksoda en eier en voeg by meel mengsel.
  • Knie totdat ’n stywe deeg gevorm is.
  • Sprinkel mooi op  ’n gladde oppervlakte
  • Druk sirkels en vierkante uit en plaas op bakplate. Prik met ’n vurk.
  • Bak in oond vir ongeveer 10 minute of totdat bruin.
  • Haal uit oond en laat ietwat afkoel op bakplate voordat dit op afkoelrakke geplaas word om heeltemal af te koel.
  • Bere in lugdigte houers.

Wenke

  • Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Jy kan dit so kaal eet of met ’n sny kaas, marmite of maaskaas – selfs grondboontjie botter.
  • Ek het die beskuitjies in vierkante asook in sirkel vorms uitgedruk wat dit laat lyk soos gekoopte beskuitjies.
  • Dit lewer ongeveer 80 klein beskuitjies

Evaluering

Ek gee hierdie resep 8/10 kersies

Die smaak sal nie in almal se smaak val nie. Onthou egter dat dit bedoel is vir mense met suikersiekte dus is daar geen suiker in die resep nie. Ten spyte daarvan is die beskuitjie lekker om te eet wanneer mens lus is vir iets om aan te knaag.

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap