Spinasie en Feta quiche met ’n kaas kors sal jou gaste laat smeek vir nog ’n porsie. Hierdie resep is as ’n uitknipsel gevind tussen ander papiere. Oorsprong onbekend. Dit is seker een van die lekkerste quiches wat ek nog gemaak het. Voorwaar lip lek lekkerte.
Voorverhit die oond tot 180 C
Kaas kors
250 mℓ of 1 koppie gerasperde kaas
250 mℓ of 1 koppie koekmeel
120 mℓ of 8 eetlepels botter of margarien
Smelt die smeer
Meng al die kaas, meel en smeer en vorm ’n stewige deeg
Smeer ’n groot tertbord met botter of spuit met spray and Cook
Druk die deeg vas in die tertbord en prik met vurk
Vulsel
1 Ui opgekap
200 gram feta kaas in blokkies gesny
30 mℓ olie
200 gram spinasie opgekap
5 mℓ gemengde kruie
Sout en swart peper na smaak
Verhit ’n pan oor matige hitte
Braai die uie tot sag maar nie pap nie
Roer die spinasie by en laat prut vir 2 minute
Voeg die res van die bestanddele by
Sit die plaat af en laat afkoel
Basiese eiermengsel
3 eiers
250 mℓ volroom melk
Klits die eiers en melk saam en sit een kant
Gooi die afgekoelde groente vulsel op die kors in die tertbord
Giet die eiermengsel oor die vulsel
Bak in die oond tot kors goudbruin is – ongeveer 25 minute
Wenke
Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Moenie bekommerd raak as die kors bruin is en die vulsel ietwat blekerig vertoon nie. Dis hoe dit moet wees met die vulsel basies net-net gestol en die kors bruin.
- Die quiche is lekker so op sy eie vir ’n ligte middag of aandete.
- Dit kan ook bedien word saam met gebraaide vark worsies of saam met braaivleis.
- REIS VERDER
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof