Resep
Resep deur | Tydskrif uitknipsel | Onbekend |
Inleiding
Aartappel mayo gebak het een of ander tyd in ’n tydskrif verskyn en sy opwagting in my resepte boks gemaak. Dit het jare daarin gelê totdat ek besluit het om dit te maak en te sien of dit die moeite werd is.
- Oond
- Stoof
- Pan
- Maatbekers
- Maatlepels
- Mengbak
- Hout lepel
- Oondvaste bak
Hoeveelheid | Item |
30 ml | Koekmeel |
310 ml | Melk |
Na smaak | Sout |
Na smaak | Peper |
30 ml | Botter |
5 medium | Aartappels |
125 ml | Mayonnaise |
- Voorverhit oond tot 180°C
- Smeer ‘n oondvaste bak
- Smelt botter in pan
- Bak vir ongeveer 25 –
- Voeg meel by en roer tot glad
- Voeg melk geleidelik by en roer tot dit dik word
- Geur met sout en peper
- Verwyder van plaat en roer mayonnaise by
- Skil aartappels en sny in skywe
- Plaas aartappels in oondbak
- Bak ongeveer 20 minute lank of tot goudbruin
- Dien warm op
- Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring – dit sal help dat jy nie foute maak nie
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Hierdie gereg gaan goed saam met vleis veral in die winter
- Die aartappels kan ook met skil opgesny word indien verkies.
Kersies toegeken | Opmerkings | |
Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee | 5/5 kersies | Maklik, goedkoop en lekker |
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof