Des se poeding
Resep deur | Retha Ferreira | Wenresepte 3 |
Inleiding
Des se poeding is oorspronklik deur Retha Ferreira aan Huisgenoot gestuur
- Stoof
- Pot
- Maatbekers
- Maatlepels
- Mengbak
- Hout lepel
- Poeding bak
Hoeveelheid | Item |
100 ml | Vlapoeier |
1 liter | Melk |
100 ml | Wit Suiker |
30 ml | Appelkooskonfyt |
2-3 | Piesangs geskil |
1 pakkie | Marie beskuitjies |
- Smeer ‘n poeding bak
- Verhit 900 mℓ melk op die stoofplaat en bring tot kookpunt
- Meng die ander 100 mℓ melk met die vlapoeier en roer dit saam met die suiker by die melk tot die melkmengsel dik raak
- Pak Marie koekies egalig op bodem van poeding bak
- Plaas ’n bietjie appelkooskonfyt op elke koekie
- Bedek met van die vlasous
- Sny die piesang in skyfies en plaas op die vla
- Herhaal die lae en eindig met ’n vla laag
- Smelt ’n bietjie appelkooskonfyt en braai die res van die skyfies piesangs liggies daarin
- Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring – dit sal help dat jy nie foute maak nie
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Die poeding is goed vir 1-2 dae in die yskas. Dit vries egter nie baie goed nie.
- Die appelkooskonfyt was vir my onnodig op die koekies.
- Alhoewel die piesang skywe mooi lyk op die poeding raak dit te gou sag en onsmaaklik
Kersies toegeken | Opmerkings | |
Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee | 3/5 kersies | Vinnig en maklik |
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof