Die verversings trollie

die verversings trollie

Die verversings trollie was die hoogtepunt van n dag op die slaap trein en nadat ons korte mette met die kosmandjie gemaak het. Terwyl Ma se kosmandjie vele lekkertes opgelewer het, was die opwinding om iets by die verversings trollie koop groot vir ons wat ’n hele jaar ons sakgeld gespaar het vir ons treinvakansie.

Ma het ons geleer van begroot vir uitgawes

Ons moes voor ons reise ’n begroting opstel en uitwerk hoeveel geld ons elke dag kon spandeer.  Die verversings trollie op die trein was deel van die begroting. Die trollie het twee keer ’n dag  in die gangetjie van die trein gery met die heerlikste lekkernye. Daar was verskeie sjokolade, aartappel skyfies en jelly babas en malvalekkers – pienk en wit. Ma het haar gunsteling uitgesoek – Liquorice all sorts.

Koerante, tydskrifte en koeldranke het die res van die trollie opgemaak

Ons het ons geld vir die trollie eenkant gesit en gesit en wag vir die trollie in die oggend. Daarna het ons in die gang gaan staan en geknibbel aan ons eetgoed terwyl die wind en roet deur ons hare waai. Ek dink baie van daardie roet is saam met die eetgoed by ons kele af. Ons het die vensters tot onder afgedruk en ons koppe deur die ruite gesteek. Ons is met vakansie – op die trein. Wanneer die trein so deur die tonnels gery het, het ons geskree sodat ons stemme so in eggo agterna kom. Sorgeloos. Vry. Gelukkig en tevrede.

Die verversings trollie ry steeds hier by Kos reise

Selfs al ry meeste stoomtreine nie meer nie, gaan ons steeds op reis by Kos reise. Ons gaan ons eie en ander se verversings maak en geniet en gesels oor ons reise van tye lank gelede en nuwe reise. So pak jou kosmandjie en gaan saam op reis – ’n Kos reis.

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap