Elke kombuis is ’n avontuur

Elke kombuis is ’n avontuur en ’n kos reis op sy eie

elke kombuis is n avontuur

“Everything happens in the kitchen. Life happens in the kitchen.” – Andrew Zimmern

Dit maak nie saak hoe groot jou kombuis is en of jy ryk of arm is nie. Kos is ’n reis. Kinders onthou kos uit hulle kinderdae en meestal is dit eenvoudige kos wat met ’n knap begroting voorberei is in ’n gewone huis kombuis. Jy het nie fênsie toebehore nodig om lekker kos te maak nie

“The kitchen is a place of adventure and entirely fun, not drudgery. I can’t think of anything better to do with family and friends than to be together to create something.” – Ted Allen

Die kombuis is die hart van die huis. Te veel mense eet uit terwyl daar soveel avonture in die kombuis is wat wag vir jou ontdekking. Soms is die kombuis klein met min kaste, verf wat afdop en stoofplate wat nie werk nie. Daar is egter niks wat nie opgeknap kan word nie. ’n Leksel verf hier, ’n rak daar en ’n stencil teen ’n muur kan wonders verrig in ’n andersins bleek en lewelose kombuis.

“If you can organize your kitchen, you can organize your life.” – Louis Parrish

Dit is dus belangrik om jou kombuis in te rig volgens jou behoeftes en begroting. Drie jaar gelede het ek my kombuis self oorgedoen met ’n beperkte begroting. Ek het onder andere bestaande kaste oorgeverf en sodoende geld gespaar. ’n Goed ingerigte kombuis help om familie en vriende bymekaar te bring.  In die ou jare was die kombuis die kuierplek waar almal rondom die tafel gesit en kuier het terwyl daar gekook en gebak is.

“Kitchens should be designed around what’s truly important – fun, food, and life.” – Daniel Boulud

Ontdek weer die vreugde van kos maak in jou eie kombuis waar jy vele Kos reise kan onderneem. Fynproewer geregte, Resepte boeke afstof en nuwe geregte ontdek. Ons is nie almal bevoorreg om internasionaal te reis nie. Niks verhoed ons egter om ander lande se geregte te leer maak en dit te proe in ons eie huis nie.

Elke kombuis is ’n avontuur en elkeen verdien om deel te hê daaraan. Dis opwindend en leer ons ’n ander manier van kook en bak terwyl ons herinneringe skep. Geniet die Kos Reise saam met Amanda

Leave a Reply/Los 'n boodskap