Gaan saam op reis

Gaan saam op reis met Amanda en ontdek nuwe reuke, smake, lande en kuier ook in ons eie sonnige Suid-Afrika. Nie almal het die finansies om rond te reis en vreemde lande te besoek nie.

“Every dreamer knows that it is entirely possible to be homesick for a place you’ve never been to, perhaps more homesick than for familiar ground.” ― Judith Thurman

Ons kan egter steeds verre lande se kosse geniet vanuit die gerief van ons eie huis met tradisionele geregte voorberei in ons eie kombuise. Tydens die pandemie het Rusbank reis baie gewild geword weens die feit dat die wêreld toegesluit was. Terwyl daar ’n betaalde opsie van Rusbank reis toerisme is, kan ons gewone mense dit ook doen op ’n bykans gratis manier.

“In books I have traveled, not only to other worlds, but into my own.” ― Anna Quindlen

Amanda is julle toerleier in hierdie gratis Kos toere avontuur wat julle sal neem van hier tot vêr anderkant die water. Hierdie reise neem dit selfs verder. Nie net gaan ons bietjie kyk hoe mense in ander dele van die land en oorsee lewe nie, ons gaan fisies proe hoe hulle kosse smaak. Elkeen van ons het tog ’n kombuis met ’n pan en ’n pot, bord, mes en vurk. Met ’n klein bietjie moeite kan ons deel in die kos reise.

Gaan saam op reis

Ons eie land is net so ryk aan kos skatte. Van tradisionele geregte tot die legendariese pastei met sous van die destydse Spoorweg. Daar is ook soveel plaaslike kookboeke om te ontgin. Wat help dit as die boeke net in die boekrak staan en stof vergader? Stof solank jou kombuis af, trek jou voorskoot aan en reis saam met Amanda.

“We may sit in our library and yet be in all quarters of the earth.” ― John Lubbock

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap