Geskenk appels

appel gebak

Wat is beter as 1 appel? – ’n Bak vol appels natuurlik met ’n verrassing in die middel! Hierdie geskenk appels nagereg is vinnig en maklik om te maak en sal jou nie bankrot maak nie. Jy kan dit in ’n kits aanmekaarslaan wanneer die gaste aan jou deur klop of sommer net vir ’n bietjie warmte op ’n koue aand terwyl julle radio luister of TV kyk.

Jy het nodig

  • Appels – hoe meer hoe beter. Spoel die appels af en maak droog met ’n afdroogdoek. Verwyder die skil en die pitte. Sny die appels in die helfte deur.
  • Vla – jy kan dit self maak of self koop
  • Rooi en groen kersies opgekerf – jy kan ook die nagemaakte kersies by ’n bak winkel koop.
  • Dadels in groot stukke gesny
  • Kaneel en suiker na smaak
  • Foelie om jou geskenk appels mee toe te maak

So maak mens

  • Sit die oond aan op 180C en gooi vir jou ’n glasie Sherrie terwyl jy die appel gebak maak.
  • Smeer ’n langwerpige bak met botter
  • Plaas die appel helftes onderstebo en agterstevoor in die gesmeerde bak sodat hulle met die ronde vet kant onder lê. Sit vir elkeen ’n stuk dadel en kersies in die holte waar die pitte was. Draai die appels vinnig om in die bak sodat die dadel en kersies versteek onder die appel lê. Strooi kaneel en suiker oor en plaas ’n klontjie botter bo-op elke appel. Maak die bak toe met foelie.
  • Bak in die oond vir ongeveer 30 minute of totdat die appels sag en ligbruin is.

Haal die stomende lekkerte uit die oond en bedien warm met vla. Jy kan ook room bo-oor gooi. Ideal melk en klapper room werk net so lekker. Die geskenk appels vries baie goed so maak sommer baie op een slag want jou gaste sal hulle lippe aflek vir nog.

Daar is nog lekker resepte in die Eetsalon beskikbaar

Besoek Amanda Skrywer vir lekkerlees stories

Leave a Reply/Los 'n boodskap