Gevulde brood pakkies is ‘n gunsteling by my kleinkinders. Goedkoop en maklik om te maak. Hierdie resep het ek op die Internet raakgeloop en probeer. Die resultate was eintlik beter as wat ek gedink het. Ek het wel hier en daar iets verander om my behoeftes te pas. My kleinkinders het hulle lippe behoorlik afgelek.
Jy het nodig
- Aromat
- 1 Eier
- 10 snye brood
- 125 mℓ gerasperde geel cheddar kaas
- Franse polonie – gerasper, weense worsies opgesny
- Brood krummels
- Kookolie (nie olyfolie nie)
- Tamatiesous
- Mayonaise
So maak mens
- Plaas 2 snye brood opmekaar en rol effens met koekroller
- Klits die eier en sprinkel met aromat
- Gebruik ’n middelmatige vierkantige of ronde koekdrukker en druk vorms daarmee uit die brood
- Rol die broodvorms in krummels en dan in die geklitste eier.
- Sit jou pan op stoofplaat op middelmatige hitte en voeg bietjie olie by
- Braai die gedoopte brood aan weerskante en plaas op handdoek papier om te dreineer
- Sny elke broodvorm in die helfte – dit sal lyk soos ’n oop sakkie
- Meng jou vulsel en plaas in elke brood pakkie van die vulsel
- Bedien louwarm
Wenke
- Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Hierdie resep is gou en maklik om te maak en baie koste-effektief.
- Gebruik enige oorskiet vleis vir die vulsel
- Vir volwassenes kan jy bietjie uie/mushrooms/tamatie/mosterd in bietjie botter braai om by die vulsel te voeg vir ekstra geur of enige ander kombinasie saam met hoender byvoorbeeld.
- Wees versigtig om nie die brood te dun uit te rol nie – die brood moet opblaas tydens die braai proses en as dit te dun uitgerol word kan hulle nie opblaas en pakkies maak nie.
Evaluering
Hierdie is ’n absolute wenner vir besige Ma’s en Ouma’s. My kleinkinders hou nie van uie of slaaiblare (groen goed) nie dus gebruik ek koue vleis of Weense worsies.
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof