Jan Ellis poeding
Resep deur | Amanda | Toergids Kosreise |
- Oond
- Stoof
- Pot
- Maatbekers
- Maatlepels
- Mengbak
- Hout lepel
- Oond poeding bak
Inleiding
Die Jan Ellis poeding het in Wenresepte 3 verskyn en is net so legendaries as die held homself. ‘n Heerlike poeding vir ‘n koue dag
Hoeveelheid | Item |
375 ml | Bruismeel |
125 ml | Melk |
2 | Eiers |
125 ml | Wit Suiker |
25 ml | Botter – sag |
5 ml | Koeksoda |
30 ml | Fyn appelkoos konfyt |
1 ml | Sout |
- Voorverhit oond tot 180 grade.
- Smeer ‘n oondvaste poeding bak
- Los die koeksoda op in die melk.
- Meng die res van die bestanddele vir die beslag goed saam
- Roer die melk by en meng goed deur
- Bak vir ongeveer 25 – 30 minute lank of goudbruin
Sous
Maak die sous terwyl die poeding in die oond is .
250 ml water
250 ml room
250 ml botter
250 ml suiker
5 ml vanilla essence
Bring al die bestanddele saam tot dit begin kook. Sit die plaat af
Gooi die warm sous oor die die poeding sodra dit uit die oond kom
Bedien dit louwarm met vla, room, roomys.
- Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring – dit sal help dat jy nie foute maak nie
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Die resep vries baie goed so selfs n enkel persoon kan die hele resep aanmaak, in porsies sny en vries
Kersies toegeken | Opmerkings | |
Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee | 5/5 kersies | Dis voorwaar ‘n treffer resep |
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof