Kitskos of Tuis gebak

kitskos of tuis gebak

Kos, stories en kuier

Kitskos of Tuis gebak. Dis die vraag vir elke ouer met n besige huishouding, kinders en troeteldiere. Wat verkies jy?

Ek het grootgeword met rys, vleis, aartappels en groente – kookkos. Dit was weeksdae, Naweke het ons spaghetti of sop geëet. My Ma het Vrydagaande vir ons Hamburgers en Tjips gemaak. Uiteet het ons nie geken nie en kitskos restaurante was daar min van. Die Kafee op die hoek het Tjips en toebroodjies verkoop en Sondae het die Hotel op die dorp ’n buffetete voorgesit. My ma was ’n enkelouer en geld was min so alles was meestal tuisgemaak en gebak. Dit was die som totaal van kitskos in my lewe.

Na skool het ek KFC ontdek, SPUR en Pizzas het later gevolg

Nou is daar natuurlik kitskos restaurant op elke hoek en in elke winkelsentrum. Ek is steeds lief vir die tradisionele kookkos alhoewel ’n kitsete elke nou en dan lekker is. Dit is egter nie deel van my leefwyse nie. Dis is vir my verstommend om te sien hoe families van kitsetes lewe. Kitsetes is nie goedkoop nie. Dit is ook nie van die gesondste nie.

Kitskos of Tuis gebak

Mense bak en brou nie meer soos in die “ou” dae nie. Skool partytjies het bestaan uit tuisgebakte koeke en aanmaak koeldrank. Deesdae is dit ’n ete by ’n kitskos restaurant. Alhoewel ek soms ’n koek of tert sal koop verkies ek egter om alles self te bak. Ek dink dit is goedkoper en lekkerder. My kleinkinders geniet dit vreeslik wanneer hulle by my huis aankom en die reuk van vars tuisgebakte pasteie in die lug hang. Hulle geniet dit ook om kolwyntjies te bak en self pizzas te maak.

Daar is iets majestueus rondom tuisgebak en dis iets wat jy nie kry met kitskos nie. Tuisgebak is soos om ’n rok in ’n boetiek te koop – uniek. Tradisies word gevestig met tuisgebak en dis gevul met nostalgie.

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap