Mini brooddeeg pizzas

Mini brooddeeg pizzas is goedgekeur deur my kleinkinders. Kinders is alewig honger – gedurig op soek na iets om aan te knibbel. Dus moet mens soms buite die boks dink en iets prakseer wat vinnig, maklik en goedkoop is om honger magies vol te maak.

mini brooddeeg pizzas

Jy het nodig

  • 1 pak winkel brooddeeg – my kleinkinders verkies wit brooddeeg
  • Tamatiesous
  • 1 klein rol Franse polonie
  • Gerasperde geel cheddar kaas
  • Aromat

So maak mens

  • Stel oond op 200 C
  • Smeer n bakplaat met botter of olyfolie
  • Rol klein balletjies van die brooddeeg
  • Plaas op gesmeerde bakplaat en druk plat.
  • Laat rus vir 30 minute
  • Bak in oond vir ongeveer 10 tot 15 minute tot ligbruin
  • Haal uit oond en laat ietwat afkoel
  • Sny elke mini pizza in die helfte deur en plaas binnekant na onder terug op bakplaat
  • Bak vir nog 3 minute
  • Haal uit oond en smeer elke pizza met tamatiesous na smaak
  • Rasper Franse polonie en kaas en meng
  • Sit polonie en kaas mengsel op pizza en sprinkel met aromat
  • Sit terug in oond en bak tot die kaas gesmelt is
  • Bedien warm

Wenke

  • Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Jy kan die polonie met ham vervang of enige iets anders waarvan jou mense hou
  • Tamatiesous met mosterdsous en mayonnaise kan ook lekker wees as die basis sous
  • Ek hou daarvan om die polonie met die kaas te meng voordat ek dit op die pizzas sit omdat dit net beter werk so. Doen egter wat vir jou gemaklik is

Evaluering

Een pak winkel brooddeeg maak ’n klomp mini brooddeeg pizzas en dit kan ook gevries word.
Kinders hou ook daarvan om self hulle eie pizzas te maak – dis groot pret.

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap