Roomys in ‘n kits

Roomys in ’n kits sonder room, kondensmelk en ’n roomys masjien. Te goed om waar te wees? Ek het ook so gedink totdat ek die boek Prakseer met piesangs by ’n wit olifant tafel opgetel het vir R5. Die boek is saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Piesangraad in 1970 en 3 keer herdruk. Dit wys jou net hoe gewild hierdie resepteboek was en steeds is – by my altans. Net so terloops – die Piesangraad bestaan ongelukkig nie meer nie dus is hierdie boek eintlik baie kosbaar.

Nou wat het ’n piesang resepteboek te doen met Roomys?

Wel, in die boek is  onder andere ’n maklike resep vir roomys. Dit is goedkoop en maklik om te maak en jy kan enige bestanddele daarin sit waarvan jy en jou gesin hou. So hier is dit nou.

Bestanddele

500 mℓ melk
250 mℓ versiersuiker
250 mℓ melkpoeier (Creamel werk lekker)
2 mℓ vanielje-essens
2 piesangs geskil en in stukkies gesny

Metode

Meng al die bestanddele saam en gooi in bakkies
Vries oornag

Wees kreatief met variasies van die oorspronklike resep. Berries, suurlemoen en lemoen en my kleinkinders se gunsteling: Sjokolade – dit is ryk en romerig.

Vir sjokoladeroomys:

  • Verander die versiersuiker na 200ml en voeg 50 mℓ cacao by om 250 mℓ vol te maak
  • Gooi sjokolade splinters (of rasper ’n sjokolade) onder in die bak
  • Gooi die res van die mengsel bo-oor
  • Sprinkel sjokolade bo-op

My gaste is gaande daaroor – kinders sowel as volwassenes. Hulle sê dit proe soos egte Italiaanse roomys.

Die moontlikhede is net oneindig. Jy kan ook gewone wit roomys maak met opgesnyde kersies in of opdien met karamel of bessie sous.

Dien dit op:

Vir die kleintjies maak ek stokkie roomys of maak dit in ’n roomys bak. Dit word sommer gou-gou opgeëet.

Hierdie resep van die piesangraad kry ’n volle 10/10

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap