Sago poeding

Sago poeding. Dis n familie resep – Ma se resep. Ons het groot geword met sago poeding op n koue wintersdag na kerk in Oudtshoorn. Die reuk het ons huis gevul met geure van kaneel en neut.

sago poeding

Jy het nodig

  • 250 ml koppie sago
  • 500 ml koppies melk
  • 2 ml sout
  • 2 ml kaneel
  • 2 ml neutmuskaat (fyn)
  • 80 ml suiker
  • 60 ml botter of “baking margarien
  • 4 groot eiers, geskei
  • 30 mℓ strooisuiker – vir die eierwitte

So maak mens

  • Week die sago in koue water vir ongeveer 45 minute en dreineer.
  • Sit die sago, melk, sout, kaneel en neutmuskaat in ’n groot pot en verhit tot net onder kookpunt terwyl jy aanhoudend roer.
  • Sit die deksel op en laat prut op lae hitte totdat die sago heeltemal deurskynend is.
  • Roer elke nou en dan
  • Roer die botter in terwyl dit nog warm is. Laat dit effe afkoel
  • Klits die eiergele liggies en roer by louwarm mengsel.
  • Skep die mengsel in ’n oondvaste bak.
  • Klits die eier witte saam met die strooisuiker totdat dit punte staan
  • Bedek die hele poeding met die styf geklitste eierwitte
  • Plaas die bak met sagopoeding in ’n groter bak half gevul met warm water.
  • Bak 30-40 minute in ’n voorverhitte 180 grade Celsius oond tot goudbruin.

Sous – opsioneel

  • 40 mℓ  strooisuiker
  • 100 mℓ  fyn appelkooskonfyt
  • 30 ml water
  • 60 ml  suurlemoensap – verkieslik vars uitgedruk
  • Sit die appelkooskonfyt, suurlemoen en water in ’n koppie  in die mikrogolf totdat die konfyt gesmelt is.
sago poeding

Wenke

  • Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Moenie die poeding netso in die oond druk sonder om dit in ’n bak water te sit nie – die onderkant sal taai en soos rubber word.
  • Die sagopoeding is genoeg vir 6 mense dus kan jy die resep halveer indien nodig
  • Ons het die poeding altyd warm uit die oond geëet – jy kan dit egter ook koud eet
  • Die poeding is net so lekker met tuisgemaakte vla – warm of koud

Evaluering

Dis ’n eenvoudige dog lekker resep en gevul met nostalgie dus gee ek dit 10/10

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap