Semel beskuit

resepte

Semel beskuit

Resep deurOuma RendaMy Ma

Inleiding

My Ma  of Ouma Renda soos sy algemeen bekend staan bak hierdie semel beskuit al vandat ek ’n klein dogtertjie was. Sy het dit in brood pannetjies gebak en wanneer dit warm uit die oond gekom het, het ons altyd ’n stukkie afgebreek. Dit is dan dik gesmeer met botter  wat ingesmelt het in die beskuit. My Ma moes vinnig spring om die beskuit uit te droog.

semel beskuit
oplus_32
benodighede
  • Oond
  • Mikrogolf
  • Mikrogolf bak
  • Maatbekers
  • Maatlepels
  • Mengbak
  • Hout lepel
  • Oond poeding bak
bestanddele

Droë bestanddele

HoeveelheidItem
250 gramSemels
1 kilogramBruismeel
90 gramHawermout
5 mlSout
500 mlSuiker

Nat bestanddele

HoeveelheidItem
650 mlMelk
500 gramSagte Botter of Margarine
metode
  • Voorverhit oond tot 180 grade.
  • Smeer of spuit bakplate
  • Sif bruismeel en sout saam
  • Voeg suiker, hawermout en semels by en meng goed
  • Vryf botter in en meng goed
  • Deel die deeg in bakplate en sprei dit uit.
  • Bak vir ongeveer 25 minute lank of tot gaar
  • Haal uit die oond en laat afkoel vir 5 minute
  • Sny die beskuit in repe
  • Draai oond terug tot op 100 grade C
  • Plaas beskuit terug in oond
  • Draai oond heeltemal af na 1 uur
  • Laat beskuit in oond afkoel
  • Haal uit en verpak in lugdigte houers of koek blikke
  • Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring – dit sal help dat jy nie foute maak nie
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Jy kan die resep halveer indien verkies.
Kersies toegekenOpmerkings
Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee5/5 kersiesOuma Renda se treffer beskuit

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
  • Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap