Sjokolade mousse aka sjokolade blanc-mange is die uitvindsel van Toni Louw en het verskyn in Huisgenoot Wenresepte 3. Ek het besluit om dit te probeer omdat die kleingoed gedurig ’n poeding met sjokolade soek.
Jy het nodig
- 750 mℓ volroom melk
- 50 mℓ Kakao
- 125 mℓ kookwater
- 160 mℓ mielieblom (maizena)
- 60 mℓ witsuiker
- 10 mℓ vanieljegeursel
- Knippie sout
- Gouestroop vir opdiening
So maak mens
- Bring die melk tot by kookpunt
- Meng die kakao met die kookwater en voeg dit by die melk
- Gebruik ’n “whisk” om die kakao mengsel te meng met die melk
- Maak ’n pasta aan met die mielieblom, suiker en sout deur dit te meng met ’n bietjie water
- Gooi dit by die kakao mengsel en hou aan om dit te roer totdat dit prut
- Voeg vanieljegeursel by en roer goed
- Spoel n groot poeding bak uit met warm water
- Gooi die warm sjokolade mengsel in die nat bak en laat dit staan vir ongeveer 30 minute sodat dit kan styf word
- Gooi gouestroop oor elke porsie by opdiening
Wenke
- Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Kikker die resep op met sjokolade splinters vir ekstra lekkerte.
- Moenie die uitspoel van die poedingbak met warm water uitlos nie. Dit help dat die poeding nie vassit in die bak nie
- Die resep is genoeg vir 4-6 mense en kan warm of koud geëet word.
Evaluering
- Ek gee die resep 7/10
- Die poeding is maklik en vinnig om te maak met relatief min benodighede wat dit ’n plek gee vir nood resepte wanneer gaste onverwags opdaag.
- Ek het nie van die gouestroop gehou nie. Dit het die poeding te soet gemaak
- Die resep is ongelukkig nie geskik vir vries nie
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof