Spaghetti ala Amanda

Spaghetti is een van my gunsteling geregte om te maak en te eet. Ek speel graag met verskillende resepte en idees. Spaghetti ala Amanda is een so ’n gereg.

spaghetti ala amanda

Jy het nodig

  • Spaghetti vir 2 mense
  • Halwe uie opgekap
  • 200 gram beef maalvleis
  • 1 seldery vinger in stukkies gesny
  • 1 Gerasperde wortel
  • 1 pakkie tamatie paste
  • 1 geklitste eier
  • Basil
  • Pietersielie
  • Sout
  • Pecorino kaas of Parmesan fyn gerasper
  • Olyfolie of Canola olie
  • 1 Tamatie in klein stukkies opgesny

So maak mens

Frikadelle

Maak dit heel eerste dit neem ’n tydjie. Sit die oond op 180C en smeer ’n bak met botter
Sit die maalvleis in ’n mengbak
Voeg by: gerasperde wortel, 1 eetlepel pecorino of parmesan kaas, sout en peper en tamatie paste.Meng goed en voeg geklitste eier by
Vorm klein frikadelle en plaas in gesmeerde bak.
Bak in oond vir ongeveer 30 minute of totdat dit goed gaar en stewig is.
Nou kan jy solank vir jou ’n lekker ystee ingooi terwyl jy regmaak vir die sous

Sous

Braai die stukkies ui in olie tot goudbruin. Voeg die tamatie stukkies en seldery by en roer deur. Sny 2 basilie blare klein en roer deur. Voeg sout by en 1 koppie water. Laat dit stadig prut vir 30 minute. Maak solank die spaghetti terwyl die frikadelle in die oond is en die sous prut.

Spaghetti

Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak – onthou al dente

Dien dit op

frikadelle

Bring als bymekaar: Skep 2 opskeplepels van die spaghetti water uit en meng dit met die sous. Roer ’n eetlepel Parmesan by.

Neem ’n ronde bakkie en sit die spaghetti heel onder. Haal die frikadelle uit die oond. Sit die frikadelle bo-op die spaghetti en gooi die sous oor. Sprinkel ’n teelepel van die pecorino of parmesan kaas oor en versier met Basil en Pietersielie

Lekker eet

Voila! Geniet ’n heerlike maaltyd. Dis genoeg vir 2 mense so nooi ’n vriendin oor vir Spaghetti ala Amanda en ’n gesellige kuier. Geniet saam met ’n glasie wyn of ystee.

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte: voorgereg, ontbyt, hoofgereg, nagereg
  • Maak jouself verder tuis in Amanda Skrywer se Dis net my opinie se sitkamer

Leave a Reply/Los 'n boodskap