Hierdie resep kom uit ’n ou Huisgenoot van toentertyd. Volgens die persoon wat dit ingestuur het ene M.P. Opperman kom dit oorspronklik uit Engeland. Haar tannie het 32 jaar lank vir ’n Joodse gesin huisgehou en dit was ’n gunsteling onder die gesin. Ek het die resep hier en daar so bietjie aangepas.
Jy het nodig
Lees die resep voordat jy dit maak. Meet af soos gespesifiseer. Gramme en milliliters is nie dieselfde nie en kan die eindproduk se sukses bepaal.
- 5 x 250 mℓ volkoringmeel
- 3.5 mℓ sout
- 20 mℓ fyn gemmer
- 20 mℓ kremetart
- 7.5 mℓ bakpoeier
- 10 mℓ koeksoda opgelos in 2 teelepels wit asyn
- 250 mℓ bruinsuiker
- 225 mℓ treacle suiker
- 225 gram gouestroop
- 338 gram botter of baking margarien
- 2 ekstra groot eiers geklits
So maak mens
- Voorverhit oond tot 180 C of 350 F
- Spuit groot bakplate met kleefwerende middel
- Meng die meel, sout, gemmer, kremetart en bakpoeier in ’n groot mengbak saam
- Smelt die suiker, gouestroop en margarien oor lae hitte in ’n dikboomkastrol
- Roer heeltyd sodat dit nie aanbrand nie.
- Verwyder van hitte en laat afkoel.
- Voeg die koeksoda en asyn mengsel by die suiker mengsel
- Voeg geklitste eiers by en meng goed
- Gooi die suiker mengsel by die droë bestanddele en meng goed
- Rol klein balletjies en plaas so 8-10 cm uitmekaar op die voorbereide bakplate
- Moenie plat druk nie
- Bak 10 minute lank of totdat die koekies bruin bo en gaar is.
- Verwyder van bakplaat en laat afkoel op ’n draadrak
- Lewer ongeveer 80 koekies
- Bere in lugdigte houer of outydse koekieblik
Dien dit op
Dollie die koekies op deur hulle op n mooi bord te bedien
Lekker eet
Die koekies versprei op die bakplate en loop soms in mekaar vas. Sny dit vanmekaar wanneer dit uit die oond kom terwyl dit nog warm is.
Volkoring gemmerkoekies se voorkoms lyk nie so aanloklik nie, maar hulle proe en smaak uit die boonste rakke
Ek gee hulle 10/10 ten spyte van die voorkoms
Lekker eet!
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof