Warm eiervrugslaai
Resep deur | Amanda | Uitknipsel |
Inleiding
Warm eiervrugslaai is lekker bykos saam met braaivleis of as vulsel op tortillas of naanbrode vir vleisvrye Maandae. Terwyl hierdie slaai nie in almal se smaak sal val nie is dit ’n verfrissende anderse tipe slaai en die moeite werd om te probeer.
- Stoof
- Pan
- Maatbekers
- Maatlepels
- Mengbak
- Metaallepel
- Opskep bak
Droë bestanddele
Hoeveelheid | Item |
2 ml | Cayenne peper |
5 ml | Fyn komyn |
10 ml | Paprika |
1 ml | Sout |
1 ml | Swart peper |
Nat bestanddele
Hoeveelheid | Item |
200 ml | Olyfolie |
1 kg | Eiervrug |
1-3 | Knoffelhuisies |
1 | Ui |
- Sny die eiervrug in ongeveer 1,5 cm skywe
- Verhit die helfte van die olie in die pan
- Braai bietjie van die eiervrug op ’n slag oor warm hitte tot goudbruin.
- Voeg nog olie by indien nodig
- Haal die warm pan van die stoof af
- Verwyder die eiervrug uit die pan en sny in kwarte
- Sny die ui op in klein stukkies
- Verwyder die skil van die knoffel en druk dit plat
- Plaas pan terug op die stoof
- Gooi die knoffel en ui in die warm pan
- Voeg die speserye by en braai vir ongeveer 2 minute
- Gooi die eiervrug blokkies by en roerbraai vinnig sonder om te veel te roer
- Skep in ’n opdienbak
Sous
- 1 suurlemoen se sap en skil
- 60 mℓ olyfolie
- 2 mℓ brandrissievlokkies
- Sout en peper na smaak
Metode
Meng al die bestanddele saam
Gooi oor die warm eiervrug en roer liggies deur
- Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring – dit sal help dat jy nie foute maak nie
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Soms moet ons bietjie uit ons gemaksone klim en ongewone kombinasies ’n kans gee
- Die brandrissie vlokkies kan gerook wees – dit gee ’n lekker smaak en aroma aan die slaai
- Sommige mense hou van eiervrug met die skil ander hou nie van die smaak nie. Doen wat vir jou lekker is
- Dit kan opgedien word met koljander blare indien verkies
Kersies toegeken | Opmerkings | |
Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee | 3/5 kersies | Marokkaanse geure en tangy smaak |
Reis verder
- Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte
- Besoek stories – trein, kos, kombuis en reis stories
- Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
- Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
- Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof