Worsie pies

Worsie pies is die naam wat my 9 jarige kleinseun vir hierdie resep gegee het. Aangesien ek dit vir hulle gemaak het volstaan ons by hierdie naam al is dit Afrikaans en Engels gemeng. Kinders is alewig honger en wanneer hulle van die skool afkom grom daardie magies vir iets lekkers. Ek deel graag hierdie resep met julle. Geniet dit!

Worsie pies is die naam wat my 9 jarige kleinseun vir hierdie resep gegee het angesien ek dit vir hulle gemaak het

Jy het nodig

1 rol puff pastry ontvries
6 rooi Weense worsies
Tamatiesous
Mayonnaise
1 geklitste eier

So maak mens

  • Voorverhit die oond op 180 C
  • Smeer ’n bakplaat met botter of spuit dit
  • Rol die pasteideeg oop en sny in 12 dele
  • Meng 2 eetlepels tamatiesous met 1 eetlepel mayonnaise en smeer op elke deel van die deeg
  • Sny elke worsie in die middel deur
  • Sit ’n worsie op elke deel van die deeg en rol op
  • Plaas op bakplaat
  • Smeer geklitste eier oor elke rolletjie
  • Bak vir 10 minute tot goudbruin

Wenke

  • Lees eers die resep ordentlik voordat jy met ’n vaart wegspring
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Verander die rooi worsies na gerook indien so verkies
  • Bedien warm
  • Die resep is vir 12 worsie pies

Evaluering

Hierdie resep het die toets met vlieënde vaandels geslaag by my kleinkinders dus tel dit as een van my wenresepte. Vinnig, maklik, bekostigbaar

Reis verder

  • Maak ’n draai in die Eetsalon vir nog resepte: voorgereg, ontbyt, hoofgereg, nagereg
  • Neem ’n  Kos toer na ’n ander land, resepteboek of kry les by ’n bekende Kok
  • Lees nog Kos stories en gesels saam.
  • Trein stories neem jou verder op reis met verhale oor treinritte
  • Teetyd kuiers is ’n kuier rubriek waar ons lekker gesels
  • Besoek ook Amanda Skrywer waar Amanda haar opinie gee oor aktuele sake
  • Die Naguil koerant verskyn maandeliks gratis en is ontspannende leesstof

Leave a Reply/Los 'n boodskap